Thato se verjaardagverrassing

Thato verjaar oor ’n week. Dit is nog sewe volle dae!
Sy ma sê: “Jou verjaardaggeskenk is ʼn GROOT verrassing!” Thato wonder wat dit kan wees.
Maandag dink Thato: “Miskien kry ek groot vlerke sodat ek hoog in die lug soos ʼn voël kan vlieg ...”
Dinsdag dink Thato: “Miskien kry ek ʼn verjaardagkoek wat so groot soos ʼn huis is!”
Woensdag dink Thato: “Miskien kry ek ʼn vuurpyl om tot by die maan te skiet.”
Donderdag dink Thato: “Miskien kry ek vinne sodat ek soos ʼn vis onder water kan swem.”
Vrydag dink Thato: “Miskien kry ek towersokkerstewels en teken ʼn duisend doele aan!”
Saterdag dink Thato: “Miskien kry ek ʼn sleutel wat ʼn skatkis kan oopsluit!”
Sondag is Thato se verjaardag. Mamma glimlag en sê: “Kom kyk wat jou verrassing is!”
Dit is die beste geskenk ooit. Thato se ouboet, Kudzai, het al die pad uit die groot stad kom kuier!
Thato glimlag en glimlag. Sy ouboet lig hom hoog in die lug op en druk hom styf vas. Kudzai vra: “Wat wil jy vir jou verjaardag hê, Kleinboet?”
En Thato weet presies wat hulle die hele dag lank gaan doen.

Thato_s birthday surprise Afrikaans