Amara en die tower boom
Amara loop deur die park.
Al die bome in die park
was groen en pragtig.
Maar, daar was een boom
wat bruin en droog was.
"Hierdie boom het water
nodig," sê Amara vir
haarself.
Sy het die boom
natgemaak en dit het weer
opgekom met nuwe groei.
Dit was 'n pragtige groen
boom.
Toe praat die boom!
"U het my natgemaak en
weer lewend gemaak," sê
die boom.
"Ek is 'n towerstaf, ek gee
aan u drie wense."
Amara het haar eerste
wens gemaak.
"Ek wens 'n rooi fiets," sê
sy versigtig.
Abracadabra! 'n Rooi fiets
verskyn.
Sy het haar tweede wens
gemaak nadat sy 'n paar
oomblikke gedink het.
"Ek wens 'n radio," sê
Amara.
Abracadabra! 'n Radio
verskyn.
Amara het haar derde
wens gemaak.
"Ek wens pienk
kristaloorbelle," sê sy
gelukkig.
Abracadabra! Pienk
kristaloorbelle het verskyn.
Die towerboom het gesê,
"U het alles wat u wou hê."
Amara glimlag, "Ja, ek
doen dit, maar hierdie
dinge was nie vir my nie."
Die magiese boom lyk
verward.
"Die fiets is vir my broer.
Hy het sy fiets uitgegroei,"
het Amara verduidelik.
"Die radio is vir pa. Sy
radio is gebreek. Die
oorbelle is vir Mamma. Sy
hou van spoggerige
oorbelle."
"En hulle sal almal met my
deel!" voeg sy by.
Amara-en-die-tower-boom-celeste-humby
Amara en die tower boom
Illustrator: Tasnim Muradmia
Author: Tasnim Muradmia
Designer:
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://www.africanstorybook.org/
Translator: Yolanda Buqwini
Reader: Celeste Humby- Direct Axis