Aapstreke

In die veld is daar ’n klomp verskillende diere: groot en klein, vinnig en stadig. Maar elke dier speel ’n rol.
Olifante het lang neuse wat ons slurpe noem. Hulle gebruik dit om water mee uit te snuffel. Hulle kan drinkgoed opspoor selfs waar daar niks te siene is nie. En as hulle iets kry, trompetter hulle vir hul vriende: toet- toet
Renosters hou van roetine. Hulle volg dieselfde roetes oor en oor, en maak wye paadjies soos hulle deur die bosse bars.
Seekoeie eet graag soet, groen gras, en sommer baie daarvan. Nom- nom- nom. Hulle hou die gras langs die rivier kort sodat dit makliker is om by die water uit te kom.
Maar wat van apies? O, apies se werk is veral belangrik.
Van sonop tot sononder is hulle aan die gang – hulle klim, slaan bollemakiesie en soek kos.
Apies hang aan hul voete van die bome af, en bekyk die wêreld onderstebo.
Hulle swaai van tak tot tak in groepe van twee, drie en vier op ’n slag. Dis nou pret!
Ma-apies kan dit alles doen met ’n baba wat aan hul maag vasklou. Wat sien die kleintjies van daar onder af?
As hulle ’n happie soek, pluk apies sommer ’n vlooi van ’n tjommie se rug af.
En as hulle moeg en warm is, dan plons hulle in die water.
Wat is die belangrike werk wat apies doen? Hulle speel heeldag lank. En dis harde werk!

Monkey business- Afrikaans