DAAR MOET ’N REËNBOOG WEES

In die hartjie van die Koninkryk van die Zulu’s is daar ’n manjifieke plek wat Die Vallei genoem word.
’n Klein dogtertjie met die naam Jabulile woon hier. Jabulile was nog altyd ’n gelukkig kind. Sy is nuuskierig en vol vrae oor die lewe. Alles fassineer haar.
Jabulile se pappa is ’n mielieboer. Haar mamma is ’n onderwyseres. Hulle leer haar om groot drome te droom. Jabulile se grootste droom is om mense te help.
Almal in die dorpie is vriende met Jabulile, veral die ou mense. Hulle leer haar van die wyse manne en vroue wat lank gelede in Die Vallei gewoon het. Jabulile wil ook wys wees.
Een aaklige dag begin die wolke bo Die Vallei saampak. Alles word donker en grys. ’n Vreeslike storm trek oor die land.
Sterk rukwinde waai die hutte se dakke af. Al die diere verloor hulle huise. Dit is ’n baie hartseer dag.
Die mense van die dorpie huil: “Wat gaan ons nou doen?” “Al die oeste is vernietig!” sê die boere. “Ons huise is weg!” sê die ou mense. Dit lyk of alles verlore is. Maar Jabulile onthou iets wat haar wyse pappa haar op ’n keer vertel het.
Jabulile begin met die mense van die dorpie praat. “Die storm kan ons net seermaak,” sê sy, “as ons dit toelaat. As julle opkyk, sal julle sien dat die son weer skyn. Dit is ’n nuwe dag. Na elke storm moet daar ’n reënboog wees!”
Net toe verskyn daar ’n pragtige reënboog in die lug.
Die dorpenaars sien die reënboog en begin glimlag. Dit is ’n belofte dat die storm verby is.
Die mense herbou hulle huise. Die boere plant nuwe oeste. Die gras groei groener as ooit tevore.
Daar is weer hoop en vreugde in Die Vallei.

Daar moet 'n reenboog wees