Ek wonder of daar nog iemand
soos ek iewers in die wêreld is.
Wat soos ek lyk …
… en soos ek praat.
En selfs ’n krulstertjie het.
Iemand met my oë
en my ore.
Iemand wat soos ek lag.
Wat kan doen wat ek doen …
… en nie kan doen wat ek
nie kan doen nie.
Ek het oral gesoek en gesoek
na nog iemand soos ek.
Ek het in die park
en agter die bome gekyk.
Ek het rondom my, en op en af gekyk …
… na elke enkele gesig.
Ek kon nêrens nog iemand soos ek vind nie.
Daar’s net een van my in die hele wêreld!
Ek is spesiaal, ja, sowaar!
Maar nie net ek nie, het jy geweet?
Daar’s ook net een jy!
Is daar nog iemand soos ek
Is daar nog iemand soos ek?
Illustrator: Jess Jardim-Wedepohl
Author: Fred Strydom
Designer: Stephen Wallace
Licence: Creative Commons
Website: https://bookdash.org/