Baba Geselsies

Tayo kan nie wag om sy babasussie te ontmoet nie. Maak gou Mamma! Laat haar uit jou maag kom.
Maar Tinu is nie wat Tayo verwag het nie. Sy lyk snaaks.
Sy ruik aaklig! En nog erger…
Wê! Wê! Sy’s so raserig, Mamma! Tinu huil net die heeltyd.
Sy probeer om vir jou iets te vertel, Tayo. Wat dink jy sê sy? Ek weet nie, sê Tayo.
Wel, ek dink sy’s net honger. Mamma voed vir Tinu. Maar…
Kwê! Tinu huil weer. Jy het haar gevoed, hoekom huil sy nog steeds?
Want soms moet babas lekker…
BUUURP!
Vriende en familie wil haar ontmoet, maar Tinu was nog nooit tussen so baie mense nie. WAAAAHH! Mamma neem Tinu na haar kamer toe om rustig te word.
Soos die tyd verbygaan, begin Tayo verstaan wat Tinu se huil beteken. En eintlik is sy nie so erg nie. Hulle speel selfs saam.
Nee Tinu. Vliegtuie is om mee te vlieg, nie om te kou nie. Maar soms huil Tinu en Tayo weet nie wat sy wil hê nie.
Tinu huil die hele dag…
en die hele nag. Hoekom hou sy nie op huil nie?
Wag, wat is dit? Kyk Mamma,
Tinu se eerste tandjie!

Baby Talk Afrikaans