Oupa Farouk se Tuin

Oupa Farouk se tuin is diep in die stad. Rondom is huise, bakstene en teer.
Amir gaan kuier een keer per week vir Oupa. Hy hou baie van die blare en blomme en bome.
Amir help om die plante water te gee. Hy help met die kompos, en werk dan die hele dag saam met sy oupa.
As hulle klaar gewerk het, smul hulle aan heerlike vrugte uit die tuin. Eendag het Oupa nie sy peer geëet nie. “Wat is verkeerd?” het Amir gevra.
“My tuin gaan dood,” het Oupa geantwoord. “Hoekom?” het Amir gevra. Kyk mooi,” het Oupa gesê. “Daar is peste wat die plante vreet.”
“Ons het skilpadbesies nodig. Hulle is insekte wat die peste wat plante vreet doodmaak. Sonder skilpadbesies sal die tuin doodgaan.”
“Ek sal vir Oupa een of twee skilpadbesies bring,” sê Amir toe.
’n Hele week het Amir oral skilpadbesies gesoek, en ’n hulle in ’n fles versamel. Hy het een skilpadbesie op die sportveld gevind.
Nog twee by die winkel. Drie in die park.
En vier agter die TV. Toe Amir weer by Oupa gaan kuier, het hy hom sy fles met tien insekte gewys. “Oupa se kind het goed gedoen, baie baie goed,” het Oupa met trane in sy oë gesê.
Oupa was baie bly. Die skilpadbesies was baie honger!
Die skilpadbesies het die peste opgevreet, en die tuin het baie mooi geword.
Van toe af het oupa Farouk se tuin gedoen wat tuine moet doen. Dit het gegroei, en gegroei, en gegroei.

Grandpa Farouk_s Garden Afrikaans