Dis vakansie en ek wil baie graag strand toe gaan, maar ons was nog nooit daar nie.
Ek wonder hoe dit voel om in die sand te speel.
Verrassing!
‘Kyk wat het ons vir jou gemaak.
’n Sandput,’ roep Lesedi se pa.
Pappa sê hy het ’n paar ou buitebande gebruik. Mamma het dit met al my gunstelingkleure geverf blou, rooi en geel.
Ek kan nie wag om daarin
te speel nie.
Ek klim in my sandput en my voete
voel so warm en sag.
Kyk!
Ek is op die strand.
Dit lyk na ’n goeie plek om my
kombers oop te sprei.
Ek maak my sambreel oop,
maar die wind is te sterk.
Die see maak ’n dreungeluid.
Ek hardloop op die strand, en ek
terg die golwe om my te vang terwyl
ek spore in die sand trap.
Met my emmer en graaf soek
ek na skulpe.
Daar is baie verskillende
vorms en groottes.
Kom ek bou ’n sandkasteel.
Sjoe, dis reusagtig!
Tyd vir middagete!
Miskien moet ek ’n toebroodjie
met aarbeikonfyt eet.
Mmm, my gunsteling.
Vir nagereg
bring Mamma vir my
sjokoladeroomys.
Ek lê op my kombers
en eet my roomys
terwyl ek kyk na die
lug wat pienk word.
Lesedi se ma en pa kyk na hom,
hul oë vol vreugde.
‘Ek is so bly dat ons hier by die
huis sy droom kon laat waar word,” sê Lesedi se ma.
Dankie Mamma en Pappa.
Vandag was die
lekkerste dag
van my lewe!
Lesedi_s Sandbox Afrikaans
Lesedi se Sandput
Illustrator: Jess Jardim-Wedepohl
Author: Mathapelo Mabaso
Designer: Thokozani Mkhize
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://bookdash.org/
Editor: Louis Greenberg