Mama Bok se Huis

Lank gelede het al die diere in ’n dorpie gewoon. Mamma Bok het ’n groot huis gehad.
Eendag wou Hasie iemand ’n poets bak. Hy het gedink en gedink en gedink … Hy het by Mamma Bok se huis ingesluip. Hy het die deur toegemaak en vreeslik begin raas.
Mamma Bok het by die huis gekom. “Wie is in my huis?” het sy geroep. “Hiëna, help asseblief! Iemand is in my huis.”
Klop klop klop! “Maak die deur oop!” het Hiëna geskreeu. Maar die deur het toegebly.
Hiëna het vir Kameelperd geroep. “Maak die deur oop!” het Kameelperd geskree. Maar die deur het toegebly.
Kameelperd het vir Sebra geroep. “Maak die deur oop!” het Sebra gegil. Maar die deur het toegebly.
Sebra het vir Olifant geroep. Hy was groot en sterk. “Maak die deur oop!” het Olifant gebulder. Maar die deur het toegebly.
Mamma Bok was hartseer. Al die diere was hartseer. Wie was in Mamma Bok se huis?
Die voëltjies het gesing. Die skoenlappers het gefladder. Die bye het gezoem. “Maak die deur oop!” het hulle almal geroep.
Baba Bok het huistoe gekom. “Wie is in ons huis?” “Maak asseblief die deur oop,” het sy mooi gevra.
Die deur het oopgegaan. Dit was Hasie! Hasie het geglimlag. Hy was mal daaroor om poetse te bak.
Hoera! Hoera! Mamma Bok en Baba Bok is vrolik. Die diere is vrolik. Mamma Bok se huis is uiteindelik oop.

Mamma bok se huis (Afrikaans)