Klein Bokkie is op soek na die
soetste gras.
Die lug is blou daarbo.
Maar sy kyk nie op nie.
Die rivier murmel daar onder. Maar Klein Bokkie luister nie daarna nie.
’n Voëltjie roep na haar en vra:
“Hoe gaan dit?”
Maar Klein Bokkie antwoord nie.
Sy loop net verder, op soek na die
soetste gras.
En soos sy soek, loop Klein Bokkie
al verder en verder weg van
Mamma Bok af.
Klein Bokkie vind die soetste gras.
Sy eet en eet. Sy is nou baie ver van Mamma Bok af.
Mamma Bok wonder waar Klein Bokkie kan wees.
Sy gaan kyk in die mielieland, maar Klein Bokkie is nie daar nie.
Mamma Bok hardloop na die rivier toe. Maar Klein Bokkie is nie daar nie.
“Waar is jy, Klein Bokkie?” blêr
Mamma Bok
’n Voëltjie roep na Mamma Bok:
“Klein Bokkie slaap in die soet gras
oorkant die brug.”
Mamma Bok loop oor die brug tot by die soet gras.
Daar kry sy Klein Bokkie, vas aan
die slaap.
“Word wakker, Klein Bokkie,” sê
Mamma Bok saggies. “Ek was bang
jy het weggeraak!”
“Ek het nie weggeraak nie … ek was nog die hele tyd hier!” sê Klein Bokkie.
Little Goat Afrikaans
Klein Bokkie
Illustrator: Nicola Anne Smith
Author: Mirna Lawrence
Designer: Tiffany Mac Sherry
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://bookdash.org/
Editor: Nabeela Kalla