Mogau se gawe

Die dorpie Batloung was ’n saai dorpie in Afrika, waar daar nog nooit iets interessants gebeur het nie …
… tot op ’n dag, toe ’n buitengewone kind gebore is. Baba Mogau is met ’n volledige stel tande gebore!
Die plaaslike dorpenaars het na Mma Mogau se huis gestroom om hierdie wonderwerk te aanskou.
Met sy breë glimlag het Mogau die hele dorpie gelukkig gemaak.
Sommer gou het Mogau se ouers besef dat hy ’n begaafde kind is. Toe hy ses maande oud was, kon hy loop, boeke lees en prente skilder.
Mogau het dieselfde prent weer en weer geskilder. Sy ma het besef hulle moet die plek in sy skilderye gaan soek.
Hulle het die dorpie verlaat en hul reis aangepak. Die dorpenaars wat lief was vir Mogau se glimlag, het besluit om hulle te volg.
Hulle het dae lank gereis, deur woude,
oor strome en verby hoë berge.
Uiteindelik het hulle by Mogau se spesiale plek aangekom. Dit het presies gelyk soos in sy skilderye!
Hulle het aan die werk gespring en ’n nuwe dorpie aangelê – ’n dorpie waar almal gelukkig was.
Toe Mogau oud genoeg was, het hy die koning van hierdie kleurvolle dorpie geword. Mogau se koninkryk van geluk het gegroei en het wyd en syd bekend geword. Hy was die koning wat sy mense laat glimlag het!

Mogau_s Gift Afrikaans