Hoe slaap jy?

Hoe slaap jy, voël? Ek vlieg in my slaap.
Hoe slaap jy, vlermuis? Ek slaap onderstebo.
Hoe slaap jy, brulpadda? Ek rus op my sy.
Hoe slaap jy, seekat? Ek verander van kleur as ek droom.
Hoe slaap jy, eend? Ons maak beurte om mekaar op te pas.
Hoe slaap jy, klein uiltjie? Ek slaap op my gesig.
Hoe slaap jy, otter? Ons hou hande vas as ons slaap.
Hoe slaap jy, walrus? Ek slaap op die land en onder die water.
Hoe slaap jy, kameelperd? Ons slaap bo-op mekaar.
Hoe slaap jy, meerkat? Ons slaap in ’n hoop.
Hoe slaap jy, Pula? Goeienag! Lekker slaap!

How do you sleep Afrikaans