‘n Ernstige Ongeluk

Op 'n dag het ek en my boetie langs die pad gestap.
'n Groot vragmotor het teen die heuwel afgery.
'n Motor het teen die heuwel opgery.
Die vragmotor bestuurder het op sy selfoon gepraat. Hy het nie gekyk waar hy ry nie.
Die vragmotor het met die motor gebots.
Die ambulans en polisie het gekom om te help.
Daar was twee insleepvoertuie. Een insleepvoertuig het die vragmotor gesleep, en die ander die motor.
Ons het alles gesien. Ons was erg geskok.

Adiel-Kamalie-n-ernstige-ongeluk

African Storybook Initiative 2015

African Storybook Initiative 2015