Kyk op!

Sjoe, kyk op! Wat sien jy?
In die oggend… Klein swaeltjies en groot hadedas.
In die dag ... Skoenlappers wat oor die blomme fladder.
’n Suikervoël met sy lang stert.
’n Suikerbekkie met sy helderrooi kragie.
’n Geelbekwou wat hoog in die lug sweef.
Laatmiddag … Bye wat terugzoem na hul korf.
As die son ondergaan … Eende wat huistoe vlieg.
Die flonkerende liggies van ’n vliegtuig vol mense.
Vlermuise wat insekte vreet vir aandete.
Wanneer dit lekker donker is … ’n Uil wat oor die veld swiep.
’n Verskietende ster.
Selfs wanneer ons droom, is daar so baie dinge om te sien!

Look up! Afrikaans