Klein Voëltjie is ’n baie klein voëltjie.
Hy is piepklein en hy is ’n voëltjie.
Klein Voëltjie woon in ’n pragtige huis saam met die reus. Klein Voëltjie is baie lief vir
die reus.
Sy is ’n liewe reus. Sy oorlaai Klein Voëltjie met speelgoed.
Klein Voëltjie raak hartseer
wanneer die reus nie daar is nie.
Op ’n dag vlieg Klein Voëltjie
weg met die reus te
gaan soek.
Klein Voëltjie vlieg op, op, op in die lug tot hy die hele wêreld kan sien.
Hy soek na die reus. Waar gaan hy land?
Klein Voëltjie land in ’n groot woud vol bome, blomme en skatte.
Hy geniet dit om met die blink juwele te speel! Maar waar is die reus?
Klein Voëltjie stap deur ’n groot sneeulandskap. Die sneeu is sag en wit.
Klein Voëltjie rol vrolik op die koel sneeu rond. Maar waar is die reus?
Toe vlieg Klein Voëltjie nog hoër in
die lug op.
Hy vlieg deur die sterre en sterrestelsels!
Hy sien die maan! Hy sien ’n komeet!
Maar waar is die reus?
Hoog bo uit die lug sien Klein Voëltjie iets met sy skerp kraalogies!
Wat kan dit wees?
Klein Voëltjie duik af, af, af.
Waar gaan hy land?
Klein Voëltjie land sowaar in die reus se hande! Hy is so bly om haar te sien.
“Ek is lief vir jou, Reus!” tjirp hy.
Die reus hou vir Klein Voëltjie styf vas.
“En ek is lief vir jou,”
sê die reus.
Small bird_s big adventure
Klein Voëltjie se groot avontuur
Illustrator: Wesley van Eeden
Author: Nick Mulgrew
Designer: Jennifer Jacobs
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://bookdash.org/
Editor: Bongani Kona