Die vis wat nie kon swem nie

Daar was eenmaal ’n seun wat kon hardloop en spring en klim. Hy kon selfs kras soos ’n seemeeu.
Maar hy kon nie swem nie. En ai, hy wou so graag.
Op ’n dag ...
... sien hy ’n vis wat ook nie kan swem nie!
Hy wou die vis help.
Hy sit die vis in die water …
… en die vis word lewendig!
Maar die seun wou ook leer swem.
Die vis wys toe vir die seun hoe om sy mond in die water te sit en te blaas.
Hulle het omtrent pret gehad!
Die volgende dag het die seun onthou wat die vis hom geleer het.
En so het die seun wat kon hardloop en spring en klim, en selfs soos ’n seemeeu kon kras, geleer om soos ’n vis te swem.

Die vis wat nie kon swem nie (afrikaans)