Wat as…?

Nandi sit op die blou trappies voor haar huis.
Sy wonder …
Wat as jellieboontjies jou regtig hoog kon laat spring? Dan kon jy met een groot sprong by die skool wees!
Wat as bokke en hoenders kon praat? Sou hulle goeie grappies vertel?
Wat as huise vuurpyle was? Dan kon jou gesin op die maan gaan vakansie hou!
Wat as niemand ooit hoef kos te maak nie? Wat as aandete net op die tafel kon verskyn? (En dit altyd jou gunsteling was.)
Wat as ysstokkies nooit sou smelt nie? Dan sou hulle die hele somer hou.
Wat as die prente in boeke om jou kop kon vlieg terwyl Pappa vir jou lees?
Wat as my pienk reënstewels toorkragte gehad het? Dan kon ek vinniger hardloop as my ouboet!
Wat as ek my oë styf kon toeknyp en …
“Nandi, wat doen jy?” vra Nandi se ouboet. Nandi sit terug teen die trap met ’n breë glimlag op haar gesig.
“Ek wonder sommer,” sê sy.

What If Afr