Waar Is Lulu?

“O nee!”
“Lulu, ons moet nou gaan!” roep Mamma.
Waar is Lulu? Is sy onder die bank? Is sy agter die gordyn?
Waar is Lulu? Is sy langs die stoof? Is sy in die kas?
“Lulu, kom nou! Waar’s jy?” roep Mamma weer.
“Dáár’s jy!” “Ek wil nie gaan nieee!”
“Ons móét gaan,” sê Mamma. “Maar ek hou régtig van dié een!”
“Ek hou régtig van dié een!”
“En dié een.” “En dié een.” “En dié een.”
“Sien jy? Mens bring jou boeke terug en dan neem jy nog uit.” “JEI!”
Waar is Lulu nou?

Waar is Lulu-Direct Axis