“Wat ’n pragtige dag,” sê Mamma.
“Opstaan, Nicholas.”
“Hallo, son,” sê Nicholas.
“Goeiemôre, voëltjies.”
“Dis so ’n mooi dag,” sê Pappa.
“Kom ons gaan hou piekniek by die rivier.”
“Mag my maatjie Jacob saamkom?” vra Nicholas.
“Moenie van my vergeet nie. Ek hou baie van pieknieks!” sê Donkie.
“Ek ook. Ek wil ook kom!”
sê Hond.
“Volg ons,” sê die voëls.
“Kom ons jaag resies tot by daardie boom,” sê Nicholas.
“Ek’t gewen, ek’t gewen!” skree Donkie.
“Dis nie regverdig nie,” sê Nicholas. “Jy’t
vier pote.”
“Kyk wat kan ek doen,” sê Nicholas.
“Ek wed jou jy kan dit nie doen nie,” sê Jacob.
“Hier’s ons piekniekplek,” sê Pa.
“Kom ons jaag resies tot by die water!” sê Jacob.
“Kom eet, julle almal,” sê Mamma.
“Tyd om huis toe te gaan,” sê Mamma.
“Sê tatta vir Jacob.”
Nicole Kissen Damon- Direct Axis
’n Pragtige dag
Illustrator: Lindy Pelzl
Author: Elana Bregin
Designer: Raeesah Vawda
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://bookdash.org/
Translator: Elna van der Merwe
Reader: Nicole Kissen Damon- Direct Axis