Ek Sal Jou Help

"EINA!" Die doringdraad maak Mamma Reier se vlerk en poot baie seer.
“Ek het seergekry. Ek kan nie huis toe gaan na my kinders toe nie,” sê sy.
“Help my, asseblief.”
“Hoekom huil jy, Mamma Reier?” vra Lungile.
“Ek kan nie huis toe gaan na my kinders toe nie,” sê sy
“Ek sal jou help,” sê Lungile.
“Dankie, Lungile!”
Die volgende dag stuur Gogo vir Lungile winkel toe om te gaan brood koop.
Op pad winkel toe stop hy om met sy maats in die rivier te speel.
Eish! Die geld is weg.
“Moenie huis toe kom voor jy daardie geld gekry het nie!” raas Gogo.
“Hoekom huil jy, Lungile?” vra Mamma Reier.
“Ek het die geld wat Gogo my gegee het om brood mee te koop, verloor. Nou het ons niks vir aandete nie.”
“Ek sal jou help,” sê Mamma Reier.
Mamma Reier se skerp oë sien die muntstukke in die water blink.
“Dankie, Mamma Reier.”

Ek sal jou help