Sy skoffel was te
kort.
Sy deur was te
laag.
Sy bed was te kort.
Sy fiets was te
klein.
Hierdie man was te
lank!
Hy het 'n baie lang
handvatsel vir sy
skoffel gemaak.
Hy het 'n baie hoë
deurraam gemaak.
Hy het 'n baie lang
bed gemaak.
Hy het 'n baie groot
fiets gekoop.
Hy het op 'n baie
hoë stoel gesit. Hy
het met 'n baie
lang vurk geëet.
Hy het sy huis
verlaat en in 'n
groot woud gaan
woon. Hy het nog
lank en gelukkig
gewoon.
Tasneem-Jattiem-_n-baie-Lang-man
‘n Baie Lang Man
Illustrator: Catherine Groenewald
Author: Cornelius Gulere
Designer:
Licence: Creative Commons Attribution 4.0
Website: https://www.africanstorybook.org/
Translator: Came le Roux
Reader: Tasneem Jattiem