My Spesiale Bersie

Kan jy my sien? Ek is op Mamma se rug in my spesiale bersie.
Ek is lief vir Mamma. En Mamma is lief vir my. En ek is baie, baie, BAIE lief vir my spesiale bersie.
Ek hou daarvan om hard te raas. Boem! Doef! Doef
Maar Mamma hou van stilte. Sjuut Sjuut Sjuut
Mamma doen haar werk. Hier, daar, klaar!
En ek wil speel. Wa! WOEM! WA!
O, ek is baie, baie, BAIE lief vir my spesiale bersie.
Maar as ek eet, sê Mamma my bersie moet kyk.
En wanneer ek my was, moet my spesiale bersie wag waar dit droog is
Ek hou baie van Mamma se slaaptydstories. My bersie luister ook ...
... en help my om te slaap.
Ek is, baie, baie, BAIE lief vir my spesiale bersie.

Tasneem Jattiem- Direct Axis